Local newsMunicipalNewsStreeknuus

What do you think about service delivery within the Victor Khanye Municipality?

This is what our readers think.

Karin Brooks – Modder East Orchards
Dienslewering hier by ons op Modder-Oos Boorde bestaan glad nie. Onwettige strukture sonder geriewe pop orals op – daar is totale wetteloosheid en klagtes val op dowe ore.

Ons paaie is so onrybaar dat nie die polisie, brandweer of ambulans by ons kan uitkom nie. Daar bestaan ook lankal nie meer straatname nie, wat dit nog meer bemoeilik. Ons kan nou na die baie reën nie eens vanaf ons een plot by die ander een uitkom nie.

Joe van Breda – Eloff
Dienslewering binne VKLM is ’n mite; die munisipaliteit kan nie eers die straatligte of slaggate op die paaie regmaak nie en dit raak die veiligheid van ons inwoners direk.

Carolina van Zyl – Sundra
Dienslewering wat die toestand van die paaie aanbetref, bestaan nie. Ek woon nou so vyf maande op Sundra, voorheen van Ballito – die paaie is in ’n baie slegte toestand – ’n mens se voertuig kry seer om die paaie te ry.

Carel Botha – Delmas
Ook hier op Delmas vergaan ons paaie en sien ’n mens daagliks die agteruitgang in infrastruktuur soos byvoorbeeld die gewese rugbyklub en ander munisipale eiendom, maar ek dink tog die inwoners van Sundra, Eloff en omliggende gebiede trek aan die kortste ent wanneer dit by by dienslewering kom.

Ons het ’n vrywillige instansies soos Delmas Herleef en Delmas First wat baie op Delmas doen om die dorp se paaie, parke en rommelstrooiing te beheer en ons is baie dankbaar daarvoor.

Gert van der Mescht – Eloff
Ons bly al byna 15 jaar hier en die eerste ding wat ons geleer het is dat water ’n probleem is. Dit is hartseer om te sien dat ou mense kilometers moet loop in die hoop dat daar water is in die JoJo tenks wat opgerig is; net om dan weer kilometers met swaar kanne terug te loop huis toe.

En dit op wat nie eers meer goed genoeg is om op te loop nie, wat nog te sê te ry.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button