Delmas krieketklub skop winterliga af
Die speler van die wedstryd was as Delmas krieketklub se Haider Ali Tahir aangewys.
Delmas Krieketklub het op 4 Mei die winterliga op eie bodem afgeskop. Delmas het teen die span van Ceaser 11 van Middelburg gespeel.
Die wedstryd het by Hoërskool Delmas plaasgevind. Ceaser 11 het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen.
Delmas kon daarin slaag om hierdie eerste winter ligawedstryd met tien lopies na 19 boulbeurte te wen. Eugene Albert het drie paatjies en 22 lopies tydens drie boulbeurte afgestaan.
Die speler van die wedstryd was Delmas krieketklub se Haider Ali Tahir.
Volgens die klub sal hulle aan verskeie wedstryde deelneem tydens die winterliga wat tot en met 3 Augustus voortduur, waarna die halfeindstryd en finaal sal plaasvind.
Die nuwe unie liga seisoen skop teen die einde van September af. Die spanbestuur verwelkom ook hul nuutste byvoeging tot die klub, Juandru van der Westhuizen (16).
“Ons nooi enige belangstellende spelers, ongeag van ouderdom, om by die Delmas Krieketklub aan te sluit,” het Gerhard Schoeman laat hoor.
Vir meer inligting skakel Schoeman by 076 089 8371.













