VLU vroue hou streekvergadering op Secunda
Lede praat oor 2025 se projek om handsakke bymekaar te maak.
Vroue van verskeie VLU streke in die Hoëveld het op 30 April op Secunda die Hoëveldstreek se vergadering bygewoon.
Die Secunda-tak en die aandtak op Secunda, Skemerkelkie het dié vergadering in Die Rots saal by die NG Kerk Secunda-Oos/Secunda Goedehoop-gemeente aangebied.
Die voorsitter van die Hoëveldstreek, Gerda Büter, het met die vroue oor VLU etiket gepraat en gesê die lede moet trots wees om deel van die VLU te wees.
Die vroue het ook handsakke vir die VLU projek van 2025 gebring.
Met dié projek, beoog die VLU om handsakke bymekaar te maak en vir vroue in nood of wat vanuit situasies waar hulle mishandel is, ontsnap het.
Dié handsakke gaan met toiletware en ander benodighede gevul word.



