REPLiKA in Standerton bring hul eerste Passiespel op planke
Die spel is geskryf deur Roux en Hanno Enslin, met musiek deur Rikus van der Hooven. Die regie was hanteer deur Roux en Lenie Hulme.
REPLiKA het op 17 en 18 April hul eerste Passiespel in die Standerton Teatro aangebied.
Volgens Janelize Roux, organiseerder van die spel, het dit begin met ’n doelwit om die woord van die Here met die hele gemeenskap te deel.
Na ses maande se noukeurige beplanning, kon die RELPiKA span hul harde werk in aksie sien.
“’n Sekere Man se tema was die laaste sewe dae voor Jesus se kruisiging en het Nathan en sy huisgesin se pad saam Jesus en hul bekering uitgebeeld,” het Roux verduidelik.
Die spel is geskryf deur Roux en Hanno Enslin, met musiek deur Rikus van der Hooven. Die regie was hanteer deur Roux en Lenie Hulme. Quinten Draper het die rol van Jesus in hierdie spel vervul.

Sy volgelinge, Johannes, Petrus, Nathan, Lydia en Salome is uitgebeeld deur Gert Mocke, Wihan Beyleveldt, Steven Nortje, Danita Janse van Rensburg en Janie van Rooyen. Talle gemeentelede het die skare wat Jesus volg uitgebeeld.
“Die gemeente het ’n reuse rol gespeel om hierdie spel moontlik te maak,” het Roux gesê.
Hoewel die gemeente die Passiespel aanmekaargesit en opgevoer het, was inwoners regoor Standerton verwelkom.
Die spel was ‘n uitreiking na Standerton om aan hulle te verduidelik hoe om Jesus te volg. Baie harte is deur die spel aangeraak en teen die einde was die skare in trane.

“Van die begin af was die Here se seën en genade duidelik; vanaf die kostuums tot die dekor, het alles glad verloop,” het Roux verduidelik.
Die klank en beligting was deur die REPLiKA multimedia span behartig en was van die hoogste gehalte.
“Deur die beplanning, oefening en opvoering wil ons elke gemeentelid bedank vir hulle harde werk, maar die grootste dank gaan aan die Here,” het Roux afgesluit.
REPLiKA is van plan om ’n jaarlikse Passiespel op te voer; moenie die volgende een misloop nie.



