Tiener van Bronkhorstspruit skitter in die 800m
Werner Gouws is vir die Suid-Afrikaanse o20-span gekies wat in Julie in Algeria gaan deelneem
Werner Gouws is ’n blitsvinnige junior atleet met sy oog op die Olimpiese Spele.
Dié oud-leerder van Laerskool Du Preez van Wyk en nou ’n matriekulant aan Afrikaans Hoër in Pretoria, het verlede maand op die Suid-Afrikaanse Junior Atletiekkampioenskap by Groenpunt, Kaapstad, die 800m-wedloop vir mans o20 gewen.
Hy is toe genooi na die Senior SA Kampioenskap in Potchefstroom, waar hy ’n gunsteling vir ’n plek op die podium was. Dié doelwit was egter nie bereik nie, maar hy het steeds aan die eindwedloop deelgeneem.
Werner is intussen vir die Suid-Afrikaanse o20-span gekies wat in Julie in Algeria gaan deelneem. Hy werk hard, oefen hard, en hardloop uitstekende tye.



