CrimeLocal newsNewsStreeknuus

Delmas vrou wat skool se geld verduister pleit skuldig

Larissa het glo die name van verskeie rekeninghouers wat bekend was aan die skool gebruik om geld na vier van haar eie Capitec-bankrekeninge oor te betaal.

Larissa Aloma Vern (53) het op 9 Mei in Delmas Streekhof verskyn nadat ’n pleit-en-vonnis ooreenkoms tussen die staat en Vern se regsverteenwoordiger bereik is.

Vern staan tereg op 94 klagtes van bedrog en ’n verdere 555 klagtes van geldwassery. Sy het op al 649 klagtes skuld erken.

Die staatsaanklaer, Gustav Schult, het omstreeks 12:00 begin om die 649 klagtes aan die hof voor te hou en het omstreeks 15:30 met klag nommer 649 klaargemaak.

Vern is sedert 9 Februarie 2024 in aanhouding nadat sy op ’n plaas in die Thabazimbi-omgewing deur lede van Delmas SAPD en die Valke in Secunda ondersoekspan vir ernstige handelsmisdaad in hegtenis geneem is.

Die inhegtenisname het gevolg nadat Laerskool Delmas sowat R2.8m aan die hand van Vern verloor het.

Vern, wat sedert Januarie 2022 as finansiële beampte by Laerskool Delmas in diens was, het vir die eerste keer op 18 Februarie 2022 ’n bedrag van R3 200 uit die skool se rekening gesteel.

Groter bedrae het gevolg en in Augustus 2022 het sy ’n bedrag van R250 000 in een van haar rekeninge oorbetaal.


LEES OOK: Vrou wat glo R2.6m by Laerskool Delmas steel, doen om borg aansoek


Nog drie groot bedrae van R250 000 elk asook R100 000 het gevolg. Volgens inligting was van hierdie groot bedrae glo uit die skool se beleggingsrekening verduister.

Vern het die name van verskeie rekeninghouers wat bekend was aan die skool gebruik om geld na vier van haar eie Capitec bank rekeninge oor te betaal.

Vir sowat ’n jaar het die verduistering voortgeduur voordat die bedrog glo eers weens teenstrydighede in die skool se finansiële rekords ontdek is.

By die hof teenwoordig was personeellede van Laerskool Delmas sowel as die voorsitter van die beheerliggaam, Marius van Staden.

Stil, bleek en duidelik geskok oor die wye omvang van hul ma se bedrogklagtes, het Vern se twee dogters, vergesel deur Vern se suster, ook die hofverrigtinge bygewoon.

Vonnisoplegging, was weens tyd uitgestel tot 21 Mei. Vern is steeds in aanhouding nadat vele borgaansoeke onsuksesvol was.



LEES OOK: Families of murdered eMbalenhle toddlers demand justice after police inaction fuels community outrage

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button