Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Almal geniet kaskardag in Duppieland

Die Graad 3 D-klas is as die Klein Spoedvrate aangewys en die Graad 5 B-klas is vanjaar se Groot Spoedvrate.

Laerskool Du Preez van Wyk het hul jaarlikse kaskardag op 9 Mei aangebied.

Dit was ‘n dag gevul met tonne pret.

Die leerders het tougetrek, sakresies gehou, op waterglybane baljaar en in hul kaskarre in klasverband gejaag.

Die Graad 3 D-klas is as die Klein Spoedvrate aangewys en die Graad 5 B-klas is vanjaar se Groot Spoedvrate.

Graad 4 A en D-klasse het die toekenning vir die beste gees vir die dag opgeraap.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button