Local newsNewsSchoolsStreeknuus
Loffies se landsdieners kuier in die Vrystaat
Dit was die groep van 22 leerders se landsdiensklubkamp
Laerskool Eloff se landsdienslede het op 9 Mei vir ’n naweek na Maraneman on the Vaal in die Vrystaat vertrek.
Dit was die groep van 22 leerders se landsdiensklubkamp en volgens die klubleier, Evené Jerome, was dit groot pret en baie lekker.
Loffies se landsdieners het geleer hoe om ’n donkie te stook en ook hoe ’n bio-gas stelsel werk.
“Ons het verskeie spanbou-aktiwiteite gehad, modeparade gehou, sandkastele gebou en heerlik geswem,” het Jerome laat hoor.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






