Adriaan Benadie wen die Louwtjie Scheepers Gholfdag op Delmas
Die ster van die dag, Loutjie, was ook teenwoordig en het saam met sy seun Renso en kleinseun Estiaan Scheepers afgeslaan.
Delmas Gholfklub kon ten einde laaste weer die baan oopstel nadat die seisoen se abnormale hoë reënval spel vir weke onmoontlik gemaak het.
Die gewilde Loutjie Scheepers uitnodigingstoernooi het in heerlike windstil en warm sonskynweer op 17 Mei het plaasgevind.
Die ster van die dag, Loutjie, was ook teenwoordig en het saam met sy seun Renso en kleinseun Estiaan Scheepers afgeslaan.
Junior speler, Matthew Parrott het met die toekenning vir beide die naaste aan die pen en ook die langste dryf weggestap.
Met die dag se pel op ’n einde het die klubkaptein, dominee Adriaan Benadie, met 38 punte gewen en so die eienaar van die pragtige Loutjie Scheepers-trofee vir 2025 geword.
Tweede was die klub se president, Ivan Kirsten, met 37 punte en Brent Parrott het derde geëindig met 36 punte.
Sifiso Masuku was vierde, Jorrie Jordaan vyfde en Estiaan Scheepers sesde. Pieter van der Merwe, Frans Venter en Sam Sibanyoni het in sewende, agste en negende plek opgeëindig.










