Local newsNews
Vroue praat oor kleur by blommeklub-byeenkoms op Secunda
Belangstellendes is welkom die om volgende vergadering in Junie by te woon.
Die Teksa Blommeklub het op 14 Mei vergader waar Lenie Beukes met die lede gepraat het oor die betekenis van kleur in ’n rangskikking.
Sy het ook vir die lede gewys hoe om ’n rangskikking te doen met kleur.
Die Teksa Blommeklub vergader weer op 11 Junie in Die Rots saal by die NG Kerk Secunda-Oos/Goedehoop gemeente.
Belangstellendes is welkom om die vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Lenie Beukes by 083 959 9649.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



