AfriForum Bethal-tak gaan steeds voort met hul projekte om die dorp op te knap en mooi te maak. Hulle het in April verskeie projekte aangepak. Van dié projekte sluit in om slaggate te herstel, skoon te maak en selfs verkeerslig pale oor teverf.
AfriForum Bethal-tak het ’n projek voltooi om slaggate in Malherbe- en Kleijnhansstrate te vul. Hiervoor het en 230 sakke teer gebruik.
Hulle het ook slaggate in Buffel- en Kleijnhansstrate met doleriet gevul. Ingrid Human, voorsitter van AfriForum Bethal-tak het gesê hulle beplan verdere slaggat projekte vir Bethal en hoop die gemeenskap sal met hulle hande neem.
“Ons benodig skenkings van teer om die verskil in die dorp groter te maak,” het sy gesê.
Dié tak se buurtwag span het ook hul skoonmaak projekte in die middedorp voortgesit en in Clerqstraat gras op die sypaadjies uitgekap, die lamppale en kragbokse skoongemaak en stoptekens oorgeverf.

Dié projek word tweeweekliks aangepak en word deur verskeie ondernemings ondersteun.
Die buurtwag span het in April 12 vragte vullis uit die middedorp weggery en ook nog vullisdromme wat weekliks deur SkipGo gediens word, aangebring.
Hennie Bekker, distrik koördineerder vir AfriForum in die Hoëveld, het gesê dit is een van die tak se volhoubare projekte op die dorp sedert 2019 en help ook om die rommel krisis in die dorp op te klaar.
“Dié projek is besig om verdere momentum te kry. Klein verskille soos dié bring kleur na die dorp en mense kan sien ons gee werklik om vir die dorp.
“Die Govan Mbeki Munisipaliteit het inwoners in die steek gelaat maar ons sal nie,” het Bekker gesê.
LEES OOK: Inspector releases two tortoises back into wild near Secunda
LEES OOK: Drug operation worth millions uncovered in Standerton: Here is what happened



