Local newsNews

Seniorburgers op Secunda reik uit na kinderhuis

Tieners ontvang toiletware.

Lede van die Dra Mekaar Seniorburgergroep het op 21 Mei byeen gekom en toiletware aan die SAVF oorhandig.

Dié oorhandiging is deel van ’n projek wat die seniorburgers al sedert die begin van vanjaar beplan en hulle het die tieners van die SAVF Louis Hildebrandt Kinderhuis op Volksrust geïdentifiseer om bederfsakkies met toiletware in, te ontvang.

Die seniorburgers het ook aan die 10 huismamma’s gedink en vir hulle handgemaakte drasakke geskenk.

Eileen Bezuidenhout, voorsitter van die Dra Mekaar Seniorburgergroep, het gesê elke kind het ook ’n Bybel in hul sakkie gekry en hulle wou ook bewusmaking van higiëne onder die tieners doen.

Vir meer inligting oor Dra Mekaar, skakel Bezuidenhout by 082 467 5307.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button