VLU se Van Riebeeck-tak op Bronkhorstspruit maak mooi goed in Mei
Besoek die tak se Facebookblad om te sien hoe kreatief hierdie vroue is en hoe om by hulle aan te sluit.
Die VLU Van Riebeeck-tak was weer bedrywig in Mei. Die lede het in die eerste week ’n naaldekoker dag gehou waar Elizabeth Kendall die vroue touwys gemaak het in potlootsketse van voëls.
Van die vroue was op 13 Mei op ’n uitstappie na Ubali Farm, waar daar met granate en turksvye geboer word. Die lede het die volgende week hul maandveragering bygewoon waar hulle herfs gevier het.
Die presidentsprojek, Jars of Hope, het aandag geniet. Die vroue het bottels met sop bestanddele gevul, en resepte en plakkers daarop aangebring. Dié bottels sal aan behoeftiges geskenk word.
Van Riebeeck-tak het ook die bejaardes by Ons Herberg met poeding, vla en roomys bederf. Die werkswinkel van Thia Hanekom om papierkrale te maak, is ook goed bygewoon.
Hier het die vroue geleer hoe om krale uit strokies papier te maak. Besoek die tak se Facebookblad om te sien hoe kreatief hierdie vroue is en hoe om by hulle aan te sluit.








