Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas se gholfbaan loop oor van spelers ten bate van Heidi

John de Sousa, Marco de Sousa, Kobus Fourie en Floris Smith is as wenners aangewys.

Heidi Kleuterskool het op 31 Mei hul jaarlikse gholfdag by Delmas Gholfklub aangebied. Met 72 spelers was die baan gevul met kleur, gholfaksie en goeie gees.

Na afloop van die 18-putjiespel is John de Sousa, Marco de Sousa, Kobus Fourie en Floris Smith as wenners aangewys.

In die tweede plek was Werner Venter, Graham Wheller, Kevin Wheller en dominee Adriaan Benadie. Marelize Nel, Tyrone Kehl, Ean Nel en Willie Saaiman het die derde plek verower.

Marco de Sousa het die prys vir die naaste aan die pen sowel as die langste dryf in sy sak gesteek. Jandré en Zandré Viljoen het die meeste ure op die baan deurgebring.

Die pryse was nie te versmaaie nie. Die wenners het elk met ’n geslagte en opgesnyde skaap weggestap. Die naaswenners het elk ’n halwe skaap gekry, en die derde plek-wenners het elk ’n geslagte en opgesnyde vark ontvang.

Riëtte Wheller, hoof van Heidi Kleuterskool, het elkeen van die spelers, ondersteuners en borge bedank vir hul bydrae tot die sukses van die dag.

“Dankie dat elkeen van julle as vriende van Heidi gesien kan word. Dankie ook aan Heidi se staatmaker-personeel vir die reëlings en agter-die-skerms harde werk – julle word waardeer.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button