Local newsNewsSchoolsStreeknuus
Witpoort se Elrike presteer tydens Eisteddfod
Elrike het onder andere vir haar twee individuele trommestukke ’n A++ behaal en is boonop aangewys as itemwenner.
Elrike Jones, ’n Graad Vyf-leerder aan Laerskool Witpoort, het met ’n hele klomp toekennings vanaf die Pretoria Eisteddfod huiswaarts gekeer.
Elrike het onder andere vir haar twee individuele trommestukke ’n A++ behaal en is boonop aangewys as itemwenner.
Elrike het verder ook saam met twee maats opgetree in ’n groepitem met tromme, klavier en tjello. Die groepie het vir hul uitvoering ’n A+ verwerf.
Laerskool Witpoort se skoolhoof, Hennie Griessel, en personeel het Elrike gelukgewens.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



