Local newsNews

Secunda VLU-lede leer papier-borduurtegnieke

Secunda VLU vergarder weer op Julie 9.

Lede van die Secunda VLU het hul maandelikse vergadering op 4 Junie in Davieshof se saal gehou. Die tema was kunste en handvlyt.

Chrizelda van Eck het met die vroue gesels oor die gebruik van ‘n kleurwiel en Heloïse McLaren het ‘n papier-borduurklas aangebied.

Die VLU se jaar-projek is Genade handsakke.

Hul samel goeie gebruikte handsakke in waarin die volgende produkte vir slagoffers van misdaad in: waslap, seep, nat lappies, sneesdoekies, handeroom, tandepasta en tandeborsel, en sanitêre produkte.

Vir donasies kontak Rosa Black by 082 586 9638 of Anél Pretorius by 076 249 3902. Die volgende vergadering is op Julie 9. Vir meer inligting, volg die Secunda VLU se sosiale media.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button