Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Kleuterskoop op Delmas sluit kinderbeskermingsweek op hoogtepunt af

Klein vingertjies se afdrukke was geneem om saam huis toe te neem en by pappa en mamma te spog.

Heidi Kleuterskool op Delmas het op 6 Junie Kinderbeskermingsweek afgesluit met ’n opwindende besoek van lede van die Delmas-polisie.

Groot was die opgewondenheid toe ’n polisievoertuig met loeiende sirenes die skoolterrein binnery. Kaptein Carla Hartley het die kleuters toegespreek en op hul uniekheid gewys.

“Elkeen van ons lyk anders – jou haarkleur, gelaatstrekke, en lyfie. Niemand lyk presies soos die maatjie langs hom of haar nie. Dít is wat jou uniek maak,” het sy verduidelik.


Lana Malan pronk in ’n koeëlvaste baadjie.

“Selfs julle vingerafdrukke is uniek – daar is nie twee mense met presies dieselfde afdrukke nie.”

Hartley het verder verduidelik hoe uniek die polisie self is: hul blou uniforms, koeëlvaste baadjies, vuurwapens en spesiale voertuie met sirenes help om hulle as beskermers van die publiek uit te ken.

“Ons is hier om die kinders van Suid-Afrika te beskerm, want elke kind is kosbaar en spesiaal,” het sy beklemtoon.


Kaydan Minnie is gereed om die by die polisiemag aan te sluit.

Daarna het luitenant-kolonel Salomé van der Westhuysen, saam met misdaadvoorkomingsbeamptes Zikhona Mnyiphika en Sarah Phanisi, elke kleuter gehelp om hul vingerafdrukke te neem.

Die kleingoed kon dit trots saam huis toe neem om vir mamma en pappa te wys. Die dag was ekstra spesiaal omdat dit ook Nasionale Oliebol-dag was, en die kleuters is ná die polisie se besoek met ’n heerlike oliebol bederf.

Skoolhoof Riëtte Wheller het die Delmas-polisie bedank vir die tyd en moeite wat hulle bestee het om Kinderbeskermingsweek op só ’n besondere en unieke wyse vir die kleuters af te sluit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button