Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Cullinan rugbymanne sit die pad na sukses voort

Die span van Cullinan ding tans mee in die tweede ronde van die 2025-liga en is slegs een punt agter teen die Harlequins.

Die Cullinan Rugbyklub gaan voort op die pad na sukses in die stryd om die wentrofee in die Blou Bulle Rugbyunie se Reserwebekerliga.

Cullies het op 21 Junie ’n wegwedstryd teen die Silver Valke gespeel en met ’n oorwinning van 50–3 huiswaarts gekeer.

Na afloop van dié oorwinning is Ruben Behrens en Jaco Grobler as die spelers van die wedstryd aangewys. Die Cullinan-span ding tans mee in die tweede ronde van die 2025-seisoen en is slegs een punt agter die Harlequins op die punteleer.

Volgens afrigter en spanbestuurder André van der Merwe is daar nog vier groepwedstryde oor, waarvan een teen die Harlequins op hul tuisveld sal wees.

“Dit is ’n belangrike en bepalende wedstryd. Vir nou neem hulle ’n breek vir twee weke en speel dan weer op 12 Julie ’n tuiswedstryd,” het Van der Merwe gesê.

“Maak ’n aantekening op julle kalenders, vul die stadion en gee sodoende ons span die nodige ondersteuning,” het Van der Merwe afgesluit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button