Vrou met goue hart laat leemte in Bronkhorstspruit-gemeenskap
Ester BlofieldBlofield is op 17 Junie in Wilgers Hospitaal aan kolonkomplikasies oorlede.
Ester Blofield, ’n bekende Bronkhorstspruiter, is verlede week in die Wilgers Hospitaal dood. Sy is in Heilbron in die Vrystaat gebore en het daar grootgeword.
Haar gesin het in Januarie 2013 na Bronkhorstspruit verhuis. Blofield het sedert 2018 ’n koswaentjie op die hoek van Cathy- en Generaal Louis Bothastraat bedryf.
Hier het sy die lekkerste pannekoek gebak en geelvet-biltong verkoop. Die skoolkinders was veral gaande oor al die winskopies en lekkernye teen sakpaspryse.
Blofield is op 17 Junie in Wilgers Hospitaal aan kolonkomplikasies oorlede. Sy laat haar man, Hennie, en dogter, Carina, met diepe hartseer agter. Haar roudiens het op 21 Junie plaasgevind.



