Die Sables wys onmeetbare krag in die skrum. Foto: Zell-Mari de Jager
Beskrywing: Magiel Pretorius stoot in die skrum.
Die Standerton Sables het op 28 Junie hul staal gewys teen die Krielsaders, waar hulle die kompetisie op SHS se A-veld met 60-35 geklop het.
Vanaf die opdraf het die Sables krag en spanwerk getoon en het in die eerste 10 minute van die spel reeds ’n drie gedruk.
Teen halftyd, was die telling 27-13 in die Sables se guns.
Die Krielsaders het kort na die fluitjie geblaas het na halftyd, die bal na die doellyn gedra en die telling op 27-23 laat staan.
Die Sables was geensins geintimideerd deur hierdie drie nie, en het kort-kort na die doellyn gevlieg met die bal.
Hulle dring deur na die halfeindstryd van die Mayors Liga.
MC Roux vang die bal uit die lyn uit. Foto: Zell-Mari de Jager
Beskrywing: MC Roux vang die bal uit die lyn uit.
Marinus van der Merwe skop na die pale. Foto:Zell-Mari de Jager
Beskrywing: Marinus van der Merwe vlieg deur die lug na ’n paleskop.
Magiel Pretorius mik om die bal vir die Sables te vang. Foto: Zell-Mari de Jager
Beskrywing: Magiel Pretorius staan lyn teen Krielsaders speler.
Dié Krielsaders-speler is omring met Sables wat die bal soek. Foto:Zell-Mari de Jager
Beskrywing: Sables spelers hoop op Krielsaders speler agter die bal aan. Foto: Zell-Mari de Jager
Die Krielsaders gee hul bes, maar kan nie hierdie Sables-speler afkry nie. Foto: Zell-Mari de Jager
Beskrywing: Krielsaders tackle Sables speler wat deur hul verdediging draf. Foto: Zell-Mari de Jager
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!