Vroue kuier rondom die kaggelvuur op Bapsfontein
Die koffieverf-werkswinkel het groot inspirasie gebring, en lede sien uit na die voltooide artikels.
Lede van die VLU Bapsfontein-tak het op 12 Junie, ten spyte van die kenmerkende flou wintersonnetjie, heerlik saam gekuier.
Volgens die skakelbeampte Cornel Rothmann was daar onder die voorsitterskap van Mercia Coetzee, koppe bymekaargesit en oor ’n paar belangrike sake besluite geneem.
Nadat die formaliteite afgehandel is, het Marlene Kriel die woord geneem en die lede meer oor die persoonlikheid van die jaar, Antoinette Pienaar, vertel.
“Antoinette is werklik die sout van die aarde en is ook bekend as die ‘kruiekoningin’.

“Haar belangstelling was deur oom Johannes Willemse gekweek wat haar alles en nog wat geleer het van die Karooveld,” het Marlene vertel.
Die koffieverf-werkswinkel het groot inspirasie gebring, en lede sien uit na die voltooide artikels.
“Dit was ’n heerlike knus kuier voor die kaggelvuur,” het Cornel afgesluit.
Lees meer in die volgende uitgawe oor die ryk geskiedenis van die VLU Bapsfontein-tak.




