Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Rayties durf die koue aan vir atletiek- en bergfietskliniek

Leerders was touwys gemaak in die basiese tegnieke van naellope, middelafstande sowel as bergfietsry.

Laerskool Rayton-leerders en hul ouers het op Jeugdag, 16 Junie, hul warm beddens verruil vir ’n atletiek- en bergfietskliniek op die skool se gronde.

Die insiggewende kliniek was deur Richard en Ammie Sutton aangebied en leerders was touwys gemaak in die basiese tegnieke van naellope, middelafstande en bergfietsry.

Richard en Ammie beoog verder ook om eersdaags vir Rayton Laerskool as ’n klub vir bergfietsry in te skryf.

Ammie is betrokke by Tukkies se atletiek waar sy ook die klubbestuurder is. Leerders het dan ook sommer die pas afgelope week al afgeskop met voorbereiding vir die atletiekseisoen.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button