Local newsNewsStreeknuus
Vergete jong bome op Delmas ’n kans op lewe gegee
Die span vrywilligers van Delmas Herleef het besluit om in te gryp en vir hierdie boompies die kans te gee om hul volle potensiaal te bereik.
’n Instansie het sowat ’n jaar gelede jong boompies in Van der Waltstraat op Delmas geplant, maar die versorging daarvan het ongelukkig agterweë gebly.
Die span vrywilligers van Delmas Herleef het besluit om in te gryp; die bome ‘aan te neem’ en vir hierdie boompies die kans te gee om hul volle potensiaal te bereik.
So word daar dan nou walletjies om elke boom gemaak, die wat wou omval word gestut en behalwe dié liefde kry hul ook water.
“Bome gee lewe en so sorg Delmas Herleef vir ’n groener en lewendiger Delmas,” het Johann de Lange laat weet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



