Phoenix byt die spit af teen Oos-Rand Polisie
Die spanne ding mee om die Valke rugbyunie se gesogte Kestrel-ligabeker.
Die Phoenix-rugbyspan van Delmas het op 8 Junie teen die span van Oos-Rand Polisie (ORP) op Delmas se tuisveld gespeel.
Die spanne ding mee om die Valke Rugbyunie se gesogte Kestrel Ligabeker. ORP het vroeg in die wedstryd gewys dat hulle op die veld was met net een doel – om te wen.
Teen rustyd was die telling reeds 26–3 in ORP se guns, en met die blaas van die eindfluitjie het ORP met ’n groot oorwinning van 50–3 huiswaarts gekeer.
Phoenix se spelers van die wedsrryd was Andrew Louw en Diluan Els. Phoenix se rugbyspan sal op 5 Julie weer op hul tuisveld by Hoërskool Delmas teen Edenvale te staan kom.
Die wedstryd skop om 16:00 af – bring gerus die hele gesin saam en kom ondersteun Delmas se Phoenix-span.







