Local newsLocal sportNews
Sasol Rugbyklub nooi jou na viering van hul 45ste bestaansjaar
Belangstellendes is welkom om 45 jaar saam met Sasol Rugbyklub te kom vier op 12 Julie.
Sasol Rugbyklub beplan ’n spesiale rugbydag op 12 Julie ter viering van hul 45ste bestaansjaar.
Die dag begin om 09:30 met ’n rugbykliniek vir laerskoolleerders, en Pumas-rugbyspelers sal ook ’n draai maak op Secunda. Aanhangers word aangemoedig om enige rugby-items saam te bring vir handtekeninge deur die spelers.
Die wedstryd tussen die Pumas en Northern Rhinos skop om 13:00 af, gevolg deur ’n wedstryd tussen Sasol Rugbyklub en die Pumas se B-span om 15:00.
Toegangsgeld: R50 per volwassene; R20 per hoërskoolleerder; Gratis toegang vir laerskoolkinders.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



