VIDEO: Odra Posduifklub is ook nou op Secunda
Belangstellende duiweboere is welkom om by nuwe klub aan te sluit.
’n Groepie duiweboere het vroeër vanjaar ’n nuwe posduifklub op Secunda begin. Die Odra Posduifklub is nou aktief, en die duiweboere het op 31 Mei aan hul eerste wedvlug deelgeneem.
Die jongste lid van dié posduifklub is net vier jaar oud. Daegon Marais (4) help weekliks sy oupa, Theuns Koekemoer, om te besluit watter duiwe aan die wedvlugte gaan deelneem.
Van Marais se duiwe het reeds plekke behaal en tweede, sewende, 17de en 21ste geëindig by een van die wedvlugte. Sy jong duiwe het vyfde, 12de en 27ste geëindig.
Die Odra Posduifklub het takke op verskeie ander dorpe, insluitend Alberton, Cullinan, Bronkhorstspruit, Middelburg, eMalahleni (Witbank), Delmas, Sundra, Heidelberg, Nigel, Springs en Kempton Park.
Frik Stander se duiwe het goed presteer in die jongvoëls-afdeling tydens ’n wedvlug vanaf Christiana in die Noordwes-provinsie op 28 Junie.
@ridgetimesnews ’n Groepie duiweboere het vroeër vanjaar ’n nuwe posduifklub op Secunda begin. Die Odra Posduifklub is nou aktief, en die duiweboere het op 31 Mei aan hul eerste wedvlug deelgeneem. #Evander #eMbalenhle #Secunda
Die duiwe is op Christiana vrygelaat en het sowat 430 km na hul onderskeie huise op Secunda en omgewing gevlieg. Stander se duiwe het eerste, tweede, sesde, sewende en agtste plekke behaal.
Koekemoer Lofts se duiwe het derde en vierde plekke behaal in die jongvoëls-afdeling, terwyl een van Erick Botma se duiwe vyfde geëindig het en een van die Kraft Gesin Lofts se duiwe 10de geëindig het.
In die ope afdeling was dit weer eens Stander se duiwe wat skoonskip gemaak het en eerste, vierde, vyfde en 10de plekke behaal het.
Koekemoer Lofts se duiwe het ook goed gevaar en tweede, sesde en sewende plekke behaal, terwyl een van Buks Snyman se duiwe ’n derde plek behaal het.
Daegon Marais (4) se duiwe het agtste en negende plekke behaal. Belangstellendes is welkom om by die Odra Posduifklub aan te sluit.
Vir meer inligting, skakel Theuns Koekemoer by 060 571 9084.
LEES OOK: Boy from Rayton with rare disease needs your help



