Local newsNews

Valtaki-boer wag vir antwoorde oor besonderse kruid

Advokaat André le Roux (76) sweer by dié bossie, wat welig op die plaas Espérance in die Valtaki-gebied groei, as ’n manier om muskiete weg te hou.

Op die oog af lyk dié bossie maar net na een of ander onkruid, maar wanneer jy die blare in jou hand frummel, tref ’n besonderse reuk jou.

Selfs in die winter wanneer die blare al vaalbruin gedroog is, klou die onmiskenbare aroma van sitroenella aan jou hand. Advokaat André le Roux (76) sweer by dié bossie, wat welig op die plaas Espérance in die Valtaki-gebied groei, as ’n manier om muskiete weg te hou.

Hy en sy oorlede vrou het meer as ’n dekade gelede dié kruid op sy grond “ontdek” en het toe reeds met idees gespeel oor hoe om dit te ontgin.

Om olie van die fynerige blare te maak, is egter té arbeidintensief en Le Roux neig nou om dit eerder in ’n potpouri te gebruik.


So lyk die kruid in die somer.

“Ek het die potpourie aan verskeie vriende en bure uitgedeel en almal is dit eens dat muskiete in ’n groot mate hok geslaan word. Ek het nog nie die amptelike naam van die plant opgespoor nie. Ek glo wel dit kan ’n variant van die sitroenella-kruid wees,” het Le Roux vertel.

Hy het onlangs plantkundiges en akademici van verskillende vakrigtings met sy navraag oor die plant genader. Le Roux het foto’s, ’n beskrywing van die kruid, die eienskappe en sy navorsing aan dié kundiges gestuur.

“Ek wag nou in spanning vir hul terugvoer.”

Intussen is Le Roux nog glad nie te oud om te droom oor die legio moonthede wat dié bossie vir hom inhou nie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button