Local newsLocal sportNews

Pumas wen albei wedstryde op Secunda

Sasol 1 en Rhinos kry pakslae.

As deel van Sasol Rugbyklub se 45ste bestaansjaarviering het die Pumas op 12 Julie ’n rugbykliniek vir laerskoolspelers op Secunda aangebied.

Die kliniek het in die oggend begin, en later die middag het die Pumas en die Rhinos mekaar in ’n vriendskaplike wedstryd die stryd aangesê.

Dit was ’n opwarmingswedstryd vir die Pumas, wat binnekort in die Curriebeker gaan speel. Die Pumas het die Rhinos met 83-12 geklop.

Sasol 1 het ook in die stof gebyt tydens hul vriendskaplike wedstryd teen die Pumas se tweede span. Teen halftyd het die Pumas reeds 76 punte in die sak gehad, en die eindtelling was 128–0 in hul guns.


Theuns Kruger van Sasol 1 gee die bal uit op 12 Julie tydens hul wedstryd teen die Pumas se tweede span. Foto: Jana Oosthuizen.

Ruben Silvo van Sasol 1 is gereed om die bal uit te gee op 12 Julie tydens hul vriendskaplike wedstryd teen die Puma se tweede span. Foto: Jana Oosthuizen.

Die Pumas se tweede span laat loop met die bal op 12 Julie tydens hul vriendskaplike wedstryd teen Sasol 1. Foto: Jana Oosthuizen.
Jannie van der Merwe van Sasol 1 hardloop met die bal op 12 Julie tydens hul vriendskaplike wedstryd teen die Pumas se tweede span. Foto: Jana Oosthuizen.
Spelers van Sasol Rugbyklub se eerste span het balbesit tydens hul vriendskaplike wedstryd op 12 Julie teen die Pumas se tweede span. Foto: Jana Oosthuizen.
Sasol Rugbyklub se eerste span en die Pumas se tweede span sê mekaar die stryd aan op 12 Julie op Sasol se tuisveld. Foto: Jana Oosthuizen.
Die Pumas se tweede span laat loop met die bal op 12 Julie tydens ’n vriendskaplike wedstryd teen Sasol 1. Foto: Jana Oosthuizen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button