Hoëveld Fotografieklub hou maandelikse byeenkoms
Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms op 1 Augustus by te woon.
Danie Smit het behoorlik uitgeblink tydens die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse byeenkoms op 4 Julie. Hy het onder die senior fotograwe deelgeneem en die beste foto’s in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling gelewer.
Sy foto, Wave Backflip, in die voorgeskrewe onderwerpafdeling het hom die eerste plek besorg. Vir The Sorceress Helper in die senior fotografie-afdeling het hy ’n sertifikaat van meriete ontvang.
Yolandi Geyer was die beste onder die junior fotograwe met Pony in die pikturale afdeling. Sy het ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir Baby Fox in die tweekleurige foto-afdeling, Sipping some Nectar, en Blou Wildebeest in die natuurafdeling en Peace in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.
Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is Johan Viljoen vir To the Branch in die natuurvoëlsafdeling en Around Thee End in die pikturale afdeling; Anzette Snyders vir Franshoek in die landskapafdeling, Pinned in die pikturale afdeling en Rodeo in die fotojoernalistieke afdeling; Hester Griessel vir Oos-Vrystaat in die landskapafdeling, dr Leon Pelser vir Stormy Clouds in die landskapafdeling en Lily in die pikturale afdeling; Louis van der Walt vir Drakensberg Vulture 1 in die tweekleurige foto-afdeling en Dragon Fly in die pikturale afdeling; Gerrit Myburgh vir Bushbuck and Baby in die natuurafdeling en Lorraine Botha vir Iron Man Finish en Dog and Three Year Old, beide in die fotojoernalistieke afdeling en PJ Representation of Stunts in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling.
Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 1 Augustus. Die voorgeskrewe onderwerp is sonsondergange en sonsopkomste.
Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Louis van der Walt by 072 755 2767.






