Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas se rolbalspelers maak hul klub trots

Die president van Delmas Rolbalklub, Hanri Ehlers het die spelers geluk gewens.

Drie van Delmas Rolbalklub se junior spelers is gekies om in die Ekurhuleni Bowls (EKB) junior presidentsbeker uitnodigingspan te speel.

Dié drie is Lana Visser, Henré Kok en Reuben van der Westhuizen en hulle sal as deel van die o18-span meeding. Die wedstryd sal op 2 en 3 Augustus by die Boksburg rolbalklub plaasvind.

Donovan Greyling gaan verder ook aan Rolbal Suid-Afrika se 2025 interdistrikte kompetisie in die o35-klas deelneem.

Greyling sal vanaf 20 tot 23 Augustus in die Noord-Kaap in aksie wees. Die president van Delmas Rolbalklub, Hanri Ehlers het die spelers baie geluk gewens.

“Dit is ’n groot voorreg en ons is baie trots op elkeen van dié spelers.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button