Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas Rolbalklub verkies nuwe komitee

Hanri Ehlers is as president herverkies.

Die lede van die Delmas Rolbalklub het op 2 Augustus hul algemene jaarvergadering gehou, waartydens ’n nuwe komitee aangewys is om die klub vir die volgende termyn te lei.

Hanri Ehlers is as president herverkies, met Michael Snyman wat as vise-president sal dien. Karin van Rensburg neem die rol van sekretaresse aan, terwyl Susan Uys na die finansies sal omsien as tesourier.

Hendrik Smit sal verantwoordelik wees vir die perk en terrein, Donovan Greyling is verkies as kompetisiesekretaris, en Reinhardt du Plessis is aangewys as die spelerverteenwoordiger.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button