Local newsNewsStreeknuus

KragDag 2025 by Rayton bring oplossings in ’n karnival atmosfeer

Met vanjaar se tema, “Bou ’n nalatenskap” was feesgangers dit eens dat vanjaar se Kragdag weer eens nie teleurgestel het nie.

KragDag 2025 het vanaf 7 tot 9 Augustus op die Diamantvallei Langoed, Rayton plaasgevind. Met vanjaar se tema, ‘Bou ’n nalatenskap’ was feesgangers dit eens dat vanjaar se Kragdag weer eens nie teleurgestel het nie.

Hoewel die eerste dag met onvoorsiene reën en bibber-koue gepaard gegaan het, het ’n hartlike atmosfeer, warm koffie en heerlike kos te kies en te keur nie die dag se aktiwiteite gehalt nie.

Uitstallers het ook ’n groot verskeidenheid innoverende en tuisgemaakte items te kies en te keur gehad.

Daar was kettieskiet, hommeltuigdemonstrasies, ponieritte, die gewilde perde vertonings, verskeie sangers was op die verhoog en kosstalletjies het vir elkeen se smaak voorsiening gemaak.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button