Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas wen die 2025 rolbal derby-trofee terug

Die bordjies is egter vanjaar verhang toe Delmas weer die trofee gewen het.

Die gewilde Rolbal Derby tussen buurdorpe, Bronkhorstspruit en Delmas, het op 9 Augustus op Delmas plaasgevind. Delmas se baan wasgevul met elke speler se unieke bydrae tot die pret en kompetisie van die dag.

Die vriendskaplike wedstryd, wat reeds vir etlike jare tussen die twee dorpe plaasvind, word volgens die deelnemers gekenmerk deur vriendskap, goeie kameraadskap, lekker kuier en ete, maar ook deur kompetisie.

Bronkies het die trofee in 2024 by Delmas verower toe hulle op hul tuisbane vir Delmas geklop het. Die bord is vanjaar egter weer gehang toe Delmas die trofee met 16 punte teenoor die agt van Bronkhorstspruit gewen het.

Danie de Klerk, die president van die Bronkhorstspruit Rolbalklub, het na afloop van die wedstryd vir Hanri Ehlers, die president van die Delmas Rolbalklub, vir die dag se spel en gasvryheid bedank.

Hy het ook die span van Delmas met hul oorwinning gelukgewens. Ehlers het die Bronkies-klub bedank vir die dag se spel en goeie sportmanskap.

“Baie dankie aan die komitee en lede van die Delmas Rolbalklub vir al die reëlings rondom die dag,” het Ehlers gesê.

Albei spanne hoop om nog sulke dae as buurspanne te deel.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button