Local newsLocal sportNewsStreeknuus
Laerskole T20-krieket skop af op hoë noot op Delmas
Dellies se Joach Berg was as speler van die wedstryd aangewys.
Laerskole Delmas en Hannes Visagie het op 12 Augustus teen mekaar te staan gekom op Dellies se tuisveld.
Die middag se opwindende krieket was die afskop van die T20-ligaseisoen.
Die o9-spanne het by Laerskool Delmas kragte gemeet en die o11-spanne het by Hoërskool Delmas kolwe geswaai.
Dellies se o11-span het met 95 lopies teen die Sagies gewen. Dellies se Joach Berg was as die speler van die wedstryd aangewys.
In in die o9-wedstryd het die Sagies-span daarin geslaag om met agt paaltjies gewen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!









