Local newsLocal sportNews
Laerskool Kalie de Haas op Standerton bied gholfdag aan
65 gholfers het op 30 Augustus hul staal gewys by Standerton Buiteklub.
Gholfspelers het op 30 Augustus by die Standerton Gholfklub bymekaar gekom vir ’n gholfdag, wat deur Laerskool Kalie de Haas aangebied is.
Attie Mouton het die gholfdag gewen en 44 punte aangeteken, terwyl Aldo Arnaldi kort op sy hakke was met 42 punte. Andries Manka het 41 punte behaal, terwyl Wessel van der Merwe, David Lues en NT Coetzee elk 40 punte aangeteken het.
Kobie Coetzee het na 39 punte teruggekeer na die 19de gaatjie.
Alanda Vienings en Nick Momberg het elk 38 punte aangeteken, en Rikus White, Janneman Kotze, Zweli Zicolda, Mark Vienings, Deon Grimsell, Nico Lombard en Drikus Ferreira het elk 37 punte aangeteken.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





