Marius Herst van Secunda is enigste IPT-hokkie-afrigter in provinsie
Hokkie-afrigter wil meer betrokke raak.
Marius Herbst (58) het al vier keer as skeidsregter by internationale provinsiale hokkietoernooie (IPT) opgetree. Sy passie vir hokkie het 16 jaar terug ontstaan toe sy seun, Moritz, 10 jaar oud was.
Moritz was in Laerskool Kruinpark en Herbst het daar begin om veldhokkie af te rig. Hy het al die nodige kursusse voltooi om hokkie-afrigter en skeidsregter te word en later jare meer op aksie-hokkie begin fokus.
Hy was ná sy skoolloopbaan wat hy aan die Suidkus in KwaZulu-Natal voltooi het, vir twee jaar in die weermag voordat hy homself op Secunda gaan vestig het en by Sasol gewerk het.
Een van die hokkiespanne wat Herbst afgerig het, het in 2019 tweede in die Suid-Afrikaanse Hokkiekampioenskap geëindig. Herbst is tans die enigste IPT-hokkie-afrigter in Mpumalanga en wil graag meer betrokke raak by hokkiegeleenthede in die omgewing.
In sy vrye tyd geniet hy dit om vis te vang of in die groentetuin te werk.




