Local newsNews

Hoëveld Fotografieklub se fotograwe kom op Secunda byeen

Sussa Pelser blink uit met haar foto’s.

Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op 5 September byeengekom om hul beste foto’s van die maand in te skryf. Wouter Labuschagne van Middelburg was die beoordelaar van die aand, en die voorgeskrewe onderwerp was ‘straat’.

Sussa Pelser het die beste foto in die voorgeskrewe onderwerpafdeling gehad en ook ’n sertifikaat van meriete vir Backstreet gekry. Sy het ook die eerste plek onder die senior fotograwe verower en ’n sertifikaat van meriete vir Gathering the Harvest in die fotojoernalistieke afdeling ontvang en vir Fog and Smoke Over Landscape in die landskapafdeling.

Stian Griffin was die beste fotograaf onder die juniors en het ook ’n sertifikate van meriete vir The Watcher in die natuurafdeling ontvang en vir Stone and Stillness in die natuurafdeling.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is Edmund Hattingh met Three of a Kind; Ontbyt in die Bek en Driebandstrandkiewiet, al drie in die natuurvoëlsafdeling en On the Go in die voorgeskrewe onderwerpafdeling; Louis van der Walt vir The Real God’s Window Imagined in die landskapafdeling, Lionfish U1 in die tweekleurige foto-afdeling en Dragon Fly in die pikturale afdeling; Danie Smit vir Overberg Sunrise en Bon Nadal, beide in die landskapafdeling en Water and Tile Reflections in die tweekleurige foto-afdeling; Mthobisi Gama vir New Castle in die landskapafdeling, Lonely Nights in die natuurafdeling en Hope in die fotojoernalistieke afdeling, dr. Leon Pelser vir Patterns on Ashdam en Canolas from Midair, beide in die landskapafdeling en Just Woken Up in die pikturale afdeling; Lorraine Botha met Eland Drinking in die natuurafdeling en Angry Owl in die tweekleurige foto-afdeling; Adri Kirsten vir Anderkant Calgary Canada in die landskapafdeling en Vroegoggend Grunau-omgewing in die pikturale afdeling en Johan Viljoen vir Invite in die pikturale afdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub sal hul volgende byeenkoms hou op 3 Oktober om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.
Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Louis van der Walt by 072 755 2767.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button