Secunda VLU-vroue hou prysuitdeling
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering in Februarie by te woon.
Die VLU se Secunda-tak het op 21 Januarie vergader, waar die lede vir hul harde werk deur die jaar vereer is.
Dié tak se voorsitter, Rosa Black, het die pryse ingeryg en eerste plekke in dié afdelings behaal: naaldwerk, handvlyt en kongres/konferensie, ’n tweede plek in die eie keuse en ’n derde plek in die gebottel/gebak.
Sy het ook algeheel eerste geëindig vir verlede jaar deur ’n totaal van 2 737 punte te behaal.
Lenell le Roux het ook goed gevaar en eerste plekke in die gebottel/gebak en die eie keuse behaal, asook tweede plekke in naaldwerk en handvlyt. Sy het ’n totaal van 1 369 punte behaal en algeheel tweede geëindig.
Lüdia Swart het ’n tweede plek in gebottel/gebak behaal en ’n derde plek in die eie keuse. Sy het algeheel derde geëindig en 391 punte behaal.
Chriszelda van Eck het derde plekke in naaldwerk en handvlyt behaal.
Die Secunda-tak vergader weer in Februarie en belangstellendes is welkom om die vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Anél Pretorius by 076 249 3902.



