Local newsNews
Teksa Blommeklub skop jaar met vergadering op Secunda af
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op Standerton by te woon.
Die Teksa Blommeklub het die jaar met hul eerste vergadering op 21 Januarie afgeskop.
Die voorsitter, Lenie Beukes, het gepraat oor die beplanning vir die jaar en ook ’n rangskikking gewys met die tema, tekstuur en beweging.
Die lede kon ook hul rangskikkings volgens ’n karnaval-tema inskryf. Marlene Cockcroft se karnaval-ranskikking was die wenner vir die maand.
Die Teksa Blommeklub se volgende vergadering is op 11 Februarie op Standerton. Belangstellendes is welkom om by die blommeklub se vergaderings in te loer en te kyk waaroor dit gaan.
Vir meer inligting, skakel Beukes by 083 959 9649.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




