Crime

Rowers val boervrou op plaas in Leandra-distrik aan

Boere, die polisie en veiligheidsmaatskappye het na die toneel gehaas en saamgewerk om drie verdagtes vas te trek.

’n Boervrou word tans in die Mediclinic Highveld op Trichardt vir onder meer meswonde behandel na gewapende rowers vroeg vanoggend, 7 September, op ’n plaashuis in die Rolspruit-omgewing tussen Leandra en Kinross toegesak het.

Die rowers het die huis oopgebreek om toegang te verkry en die vrou in die huis aangeval. ’n Tuinwerker en die huishulp is glo ook oorrompel.

Die rowers het ingebreek om by die huis in te kom.

Volgens ’n lid van MavCorp High Risk Response, het ’n bejaarde man wat ook op daardie stadium in die huis was, alarm gemaak.

Boere, die polisie en veiligheidsmaatskappye het na die toneel gehaas en saamgewerk om drie verdagtes vas te trek.

Twee is eerste gevang en ’n derde een wat te voet gevlug het, is later gevind.

Dit blyk dat nog verdagtes by die aanval betrokke was.

’n Verdagte in ’n plaasaanval in die Leandra-distrik word vasgetrek.

Die dogter van die beseerde vrou het met haar ma per motor in die rigting van die hospitaal gejaag. ER24 ambulansdienste het hulle onderweg gekry en het die vrou gestabiliseer en die res van die pad na die hospitaal vervoer.

’n Windbuks en ’n sak met ’n splypmasjien is in die verdagtes se besit gevind.

Luit-Kol. Khuselwa Matrose, bevelvoerder van Leandra Polisie, het die voorval bevestig, maar was nie self op die toneel nie.

Sy wou teen 13:00 nog nie kommentaar gee voor sy nie al die inligting het nie.

Die polisie het dié sak met ’n slypmasjien by een van die verdagtes gevind.
Dié windbuks is in die verdagtes se besit gevind.
Leandra Polisielede laai ’n verdagte in ’n vangwa.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button