Local newsStreeknuus

Tutela se “Second Life Shop” op Delmas bied ’n skatkis vir almal

“Danksy die nou meer toeganklike winkelvoorraad, kan ons maatskaplike werkers nou gratis aan hulpbehoewende kliënte voorsien.”

Die gemeenskap van Delmas gee reeds jare donasies aan Tutela, vroeër bekend as die Christelik Maatskaplike Raad (CMR).

Skenkings het egter opgehoop en ontoeganklik geword.

Ten einde donasies beskikbaar te stel aan diegene wat dit nodig het, moet dit versorg, gesorteer en sinvol uitgestal word.

Volgens Elna Schoeman, winkelvoorsitter van Tutela, is dit ’n tydrowende proses en daar moet uitstal ruimte wees.

“Ons maatskaplike werkers beleef groot werksdruk omdat die omgewing se gevallelading hoog is. Tyd vir donasies sorteer en plek vir uitstal was daar nie,” het Schoeman gesê.

“Ek het altyd geweet dat ’n winkel die oplossing vir die probleem sou wees.”

Skyelar Smith met haar Mini Muis wat sy by Tutela se winkel bekom het.

Met die hulp van Schoeman Boerdery en maatskappye soos Maksimum Sekuriteit, Sticker and Sign World wat teen minimum pryse diens hul dienste beskikbaar gestel het, asook vriendinne se hulp, het die droom om ’n winkel te open, op 4 Augustus 2020,bewaarheid geword.

“Danksy die nou meer toeganklike winkelvoorraad, kan ons maatskaplike werkers nou gratis aan hulpbehoewende kliënte voorsien,” het Schoeman bygevoeg.

Tutela se Second Life Shop is reeds vir twee jaar in bedryf en handhaaf ’n gemiddelde inkomste van R28 000 per maand uit hul verkope.

Volgens ds. Izak du Toit, leraar van die N.G. Kerk Moedergemeente op Delmas en voorsitter van Tutela se Streekbestuur, word die inkomste van die Tutela Second Life Shop hoofsaaklik aangewend vir die bedryf van die winkel en Tutela se kantore wat op dieselfde perseel gehuisves word; kostes rondom die assessering van kinders enook assessering van ouers wat by pleegsorg betrokke is.

“Verder word dit ook aangewend vir die administrasie- en salariskoste van Delmas en Springs se Tutela-kantore en dit hou die twee kantore se boeke uit die rooi,” het Du Toit gesê.

Die Tutela-winkel op Delmas bied ’n groot verskeidenheid gehalte produkte teen billike pryse.

Tutela bied ’n groot verskeidenheid boeke vir elke leser.

“Ons het goeie boeke, klere en ander skatte in die Tutela Winkel. Enige donasies is ook baie welkom,” het Anne-Marie Mouton, winkelbestuurder by Tutela gesê.

“Groter items word op ons Facebook-blad geadverteer. Hou dit gerus dop vir winskopies.”

“Om met hierdie noodsaaklike diens vol te hou, is ons 100% afhanklik van ons gemeenskap. Gee wat jy nie meer nodig het nie en kom snuffel deur ons skatkis. Dit gaan jou aangenaam verras,” het Schoeman bygevoeg.

Tutela se Second Life Shop is geleë te Sesdestraat 39 op Delmas en kan by 084 558 2315 gekontak word.

Sommige van die groot verskeidenheid skatte wat by Tutela se winkel op Delmas beskikbaar is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button