Local news

Bystandsorgsentrum is nou oop by aftree-oord op Standerton

Dit is rolstoelvriendelik, het ’n ‘kitchenette’, geen trappies, ’n stort met geen deur en die vloeroppervlak is ontwerp om in seniorburgers se behoeftes te voorsien.

Die nuwe sewe eenhede van die bystandsorgsentrum van die Kosmos Aftree-oord, het op Donderdag 18 Augustus amptelik geopen.

Sanpat Coetzee, bestuurder, en dr. Mollie Lyons het betrokkenes in die sitkamer verwelkom en toegespreek.

Direksielede Hennie Pretorius en Linda van Aswegen wat die projek bestuur het, was teenwoordig.

Linda van Aswegen projekbestuurder en direksielid, open op Donderdag 18 Augustus die deure van die eenhede.

Dr. Lyons het die bouers vir hul werksetiek bedank asook die argitek, Lawrence Schroeder, en Van Aswegen spesiaal vir haar betrokkenheid.

Quick Volt en Central Plumbing van Standerton is ook vir hulle werk bedank.

Die bestuurder het kortliks die doel van die eenhede uiteengesit waar bystand verleen word, samehangend met globale tendense, om bejaardes wat verskeie vlakke van mediese en persoonlike versorging benodig, by te staan.

Die seniorburgers se gesondheid is sodanig dat opname in ’n siekeboeg nie regverdig word nie.

Een van die eenhede wat beskikbaar is.

Twee dubbel- en vyf enkeleenhede is beskikbaar, waar die onafhanklikheid van die inwoners bevorder word.

Dit is rolstoelvriendelik, het ’n ‘kitchenette’, geen trappies, ’n stort met geen deur en die vloeroppervlak is ontwerp om in seniorburgers se behoeftes te voorsien.

Inwoners sal aangemoedig word om wel een ete in die eetsaal te geniet om sodoende sosiale samesyn te bewerkstellig en eensaamheid hok te slaan.

Een van die groeplede wat die eenhede kon besigtig, het opgemerk dat daar geensins ’n hospitaalatmosfeer heers nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button