Local news

Groenstrook Gabbas beplan skoonmaak-dag by Secunda Eendedam

Groep verwyder weekliks water-hiasinte.

Die Groenstrook Gabbas het gedurende die winter voortdurend die groenstroke skoon en netjies gehou en ook aangehou om die water-hiasinte wat in die Secunda Eendedammetjie groei, te verwyder.

Rika Lamprecht, een van die komiteelede van die Groenstrook Gabbas, het gesê hulle beplan om op Vrydag, 2 September, as dit bietjie warmer is, ’n groot skoonmaak-askie te hou.

Almal is welkom om dit by te woon en te help skoonmaak.

Sy het gesê dit gaan ’n vol prêt wees en mense kan opdaag met hul harke en sonhoede.

Landsdiensleerders van verskeie skole gaan moontlik ook help op dié dag.

Vir meer inligting, skakel Lamprecht by 082 948 6231 of besoek die Groenstrook Gabbas se Facebook-blad.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button