Teksa Blommeklub vergader op Secunda
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering in September by te woon.
Lede van die Teksa Blommeklub het op Woensdag, 24 Augustus byeengekom.
Susan van der Merwe het lede gewys hoe om ’n rangskikking te doen deur manipulasie van plantmateriaal.
Roz du Preez het op haar beurt gewys hoe mens verskillende maniere vir rangskikkings kan gebruik.
Dié maniere sluit in gebondel, opstapeling en lae van plantmateriaal.
Du Preez en Fiona Viljoen het ook lede rangskikkings van verrassende kombinasies gewys.
Die Teksa Blommeklub se volgende byeenkoms is op Woensdag, 28 September om 08:30 vir 09:00 in Die Rots by die N.G. Kerk Goedehoop/Secunda-Oosgemeente.
Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Magda Schwab by 083 611 0684.



