Local news

Tutela op Standerton spits hulle toe op trauma by kinders

Elke kind het ’n veilige hawe nodig waar hulle liefde en aandag kan ontvang.

Trienie Drotschie, direkteur van Tutela, het op Saterdag 22 Augustus belanghebbendes in die N.G. Kerk op Standerton toegespreek en aandag aan trauma by kinders toegewy.

Sy het dit beskryf as enigiets wat die kind magteloos laat voel en sy/haar gevoel van veiligheid en sekuriteit bedreig. Elke kind ervaar traumatiese gebeurlikhede op ‘n unieke wyse.

Wat vir een kind spanning bring in trauma, bring nie dieselfde spanning in ‘n ander kind.

Drotschie het gesê dat die volgende as traumaties of spanningsvol ervaar word:

▪ Fisiese-, emosionele- of seksuele mishandeling,
▪ Verwaarlosing,
▪ Ongelukke, siekte of dood,
▪ Verbrokkelde verhoudinge of ouers onder stres, egskeiding, gesinsgeweld,
▪ Verwydering uit ‘n ouer se sorg, substansafhanklikheid van ouers,
▪ Natuurrampe/pandemies,
▪ Gebrek aan roetine en struktuur by die huis, te min ouerlike betrokkenheid en kontrole,
▪ Boelies,
▪ Te hoë verwagtinge te vroeg, te veel klem op akademiese prestasie en kompetisie,
▪ Te veel ysters in die vuur, te min gesonde uitlaatkleppe vir druk,
▪ Te veel tyd bestee op sosiale media, te veel blootstelling aan volwasse inhoud, en
▪ Ander (armoede, pandemies, politieke onrus, oorlog, terrorisme).

Die gemeenskap het duidelikheid verlang op die vraag oor hoe ‘n ouer weet sy/haar kind beleef trauma en in so ‘n geval, hoe moet dit hanteer word.

Dié vrae is in diepte en op ‘n praktiese wyse met die teenwoordiges gedeel.

Hulle het deelgeneem en die terugvoer was positief en as ‘n leergeleentheid ervaar.

Die uitstaande punt is dat elke kind ‘n veilige hawe nodig het waar hulle liefde en aandag kan ontvang.

“As elke ouer net daagliks vir 20 minute met elke kind speel, gaan ons emosioneel gesonder kinders hê,” het Drotschie gesê.

“Hierdie speel is nie huisskoonmaak of kosmaak en ons doen dit saam met ons kind nie.

“Hierdie speel is enige speletjie wat die kind wil speel, wat vir die kind lekker is, met net twee reëls: ‘ons maak mekaar nie seer nie en ons breek niks’.

“As ‘n ouer fisies iets wat die kind wil speel, nie nie kan doen nie, kan die ouer die kind mooi vra om iets anders te kies.

“Hierdie bou pret, gehegtheid en vertroue by kinders dat hulle behoeftes ook belangrik is.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button