Klein Eduan Naudé, wat op 20 Junie te vroeg gebore is, is gisteraand (5 September) omstreeks 23:00 dood.
Sy oupa, Dawie Naudé, het op Facebook gedeel dat dit 10 dae is voor Eduan se datum wat hy veronderstel was om gebore te word.
Sedert sy geboorte, was hy nog die hele tyd in die hospitaal en hoewel dit op ’n stadium beter gegaan het, het sy hart opgehou klop.
Die familie het almal wat hulle ondersteun het en skekings gemaak het, asook die mediese personeel, bedank.
Eduan laat sy ouers, Henrico (Kuku) en Nadine Naudé na.
https://www.citizen.co.za/ridge-times/292620/secunda-ouers-glo-in-baba-se-genesing/
https://www.citizen.co.za/ridge-times/295594/gesin-is-okay-na-huis-brand/



