Local newsStreeknuus

Delmas se buurtwag dra die veiligheid van seniorburgers op die hart

“Omdat daar reeds verskeie voorvalle in die verlede was waar inwoners van Malita aangeval en beroof is, was dit noodsaaklik om die hekmotor te vervang,” het Carel Botha, voorsitter van die buurtwag gesê.

Die AfriForum Delmas Valke Buurtwag het vinnig ingespring toe die elektriese motor van Malita Aftree-oord op Delmas die gees gegee het.

Dit het onder die aandag van die buurtwag gekom dat die elektriese motorhek van Malita buitewerking is wat die veiligheid van die senior inwoners sou benadeel.

Die bestuur van die buurtwag het ooreengekom dat die motor vervang moes word omdat die foutiewe motor onherstelbaar is.

“Die veiligheid van ons senior burgers is vir ons baie belangrik. Omdat daar reeds verskeie voorvalle in die verlede was waar inwoners van Malita aangeval en beroof is, was dit noodsaaklik om die hekmotor te vervang,” het Carel Botha, voorsitter van die buurtwag gesê.

Botha het die lede van die buurtwag wat geld bygedra het, bedank.

“Dit is danksy ons lede se getroue maandelikse bydraes dat ons in staat is om gemeenskapsprojekte soos die te kan uitvoer.”

Met die flinke hulp van pa- en seunspan, Desmond en Grewar Biermann, is die hekmotor op Saterdag, 9 September vervang en is die inwoners se afstanbeheertoestelle ook ingestel.

“Ons as inwoners van Malita is baie dankbaar vir die hulp wat ons van die buurtwag ontvang het. Ons kan nou weer by ons hek in- en uitry en weet dat ons veilig is,” het Rassie Erasmus, opsigter by die Malita Aftree-oord gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button