Local news

Secunda-ouers samel weer geld in vir operasie vir Lamaine

Operasie was suksesvol, maar vog vorm agter kind se ogie.

Lamaine van Rooyen (10), leerder van Laerskool Kruinpark, kon uiteindelik die oogoperasie waarvoor haar ouers geld ingesamel het, ondergaan.

Sy is op 11 Julie by die Centurion Ooghospitaal geopereer, maar die spesialis meen nou hy sal weer moet opereer.

Lamaine se ouers probeer nou om sowat R25 000 vir die volgende operasie in te samel.

Hoewel Lamaine se linkeroog baie beter is sedert sy die operasie gehad het en sy nou beter kan sien, het die spesialis tydens ’n opvolgondersoek op 9 September gesê daar is nog vog agter haar oog wat hy sal moet verwyder.

Hy wil ook tydens die volgende operasie ’n deel van haar ooglid verwyder omdat dit hang.

Die gesin het nie ’n mediese fonds nie en moet alles kontant betaal.

Lamaine moet nou gereeld oogdruppels gebruik en sy moes groter boeke kry vir skool.

Sy vaar egter reeds beter op skool sedert sy die operasie gehad het en haar ma, Bronwyn Botha, het gesê haar kind het meer selfvertroue en het meer maats gemaak by die skool.

“Sy is nie meer daai skaam, teruggetrokke, bang meisie nie,” het Botha gesê.

Albei Lamaine se oë het sedert haar geboorte gehang en haar ma het gedink dit sal vanself regkom, maar dit het egter net vererger soos sy ouer geword het.

Belangstellendes wat die gesin wil ondersteun, of ’n bydrae wil maak, kan die webwerf, https://www.backabuddy.co.za/lamaine-du-plessis-2022 of https://www.facebook.com/100010507713462/posts/1694276737599234/?flite=scwspnss besoek of geld inbetaal by Capitec Bank, LR Van Rooyen, spaarrekening, rekeningnommer – 195 550 4669.

Vir meer inligting, skakel Botha by 082 269 5541.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button