Local newsLocal sport

Gholfspelers toets hul vernuf in verskeie kompetisies op Standerton

Casper Roux het sy medespelers op Saterdag 8 Oktober getroef, nadat hy die A-afdeling van die maandelikse beker met ’n netto van 70 gewen het

Die gebruiklike wedywering op Woensdae gaan volstoom voort waar die gholfspelers sake oor nege- en 18-putjies uitspook.

Neville Ritchie het op 12 Oktober die nege-putjie-kragmeting by die Standerton Buiteklub met ’n puntetelling van 17 gewen.

Deon Grimsell het ook 17 behaal in dié IPS-formaat, terwyl Pieter Bester 16 aangeteken het.

Nick Momberg het 15 op die telkaart ingevul, terwyl Lourie Nel en Freddie Welmans albei met 14 geëindug het.
Donnie Taljaard het 13 behaal, gevolg deur Ben Steyn met 12.

Riaan Starbuck het koning in die 18-putjie-wedywering met sy 44 gekraai, gevolg deur Stephen Nortjé met 42.
Francois Cronjé het op 40 te staan gekom, gevolg deur Ronald Kinnear met 38.

Nico Lombard, Louis Gravitt en Gerhard Brits het elk 37 aangeteken, terwyl Patrizia Lombard 36 aangeteken het.
Kobie Coetzee het 35 behaal en Wessel van der Merwe 34.


LEES OOK: ‘Don’t hitchhike,’ warn Evander Police


Herman Mynhardt het ’n spog-twee aangeteken.

Casper Roux het sy medespelers op Saterdag 8 Oktober getroef, nadat hy die A-afdeling van die maandelikse beker met ’n netto van 70 gewen hetAndrew Harper en Gert du Preez het die beste gross aangeteken.

Johan Brink was onoorwonne in die B-afdeling met ’n netto van 70, terwyl Francois Cronjé se 38 punte die deurslag in die C-afdeling gegee het.

Adri Mynhardt was die vrouewenner in dié afdeling en het 34 punte behaal.

In die A-afdeling het Harper tweede geëindig met ’n netto van 72, gevolg deur Du Preez, Joré Nortjé en Stephen Nortjé, elk met 73.

Attie van der Westhuizen het 74 op die telkaart ingevul, terwyl Brandon Geyser 75 behaal het. Ronald Kinnear en Jannie Nichols het albei 77 aangeteken.

Du Preez en Geyser het albei ’n spog-twee behaal. Herman Mynhardt het tweede in die B-afdeling geëindig met ’n netto van 74, gevolg deur Gravitt met 75.


ALSO READ: Charmaine Kleynhans van Standerton is nie bang vir uitdagings nie


Aldo Arnaldi het 77 behaal en Nel 82. Momberg het 31 punte in die C-afdeling behaal.

Tydens die Sundowner-kompetisie op Vrydag 7 Oktober, het Geyser geseëvier met ’n netto van 37. Juan Nortjé was tweede met 39 en JC Schambriel derde met 44.

Die ligaspan van Volksrust het op Saterdag 8 Oktober by die Standerton Buiteklub met Standerton 4.5 teen 3.5 afgereken.

Taljaard het op 5 Oktober koning gekraai in eersgenoemde en met ’n netto van 37 geëindig. Ritchie en Bester het gevolg, albei met 38, terwyl sowel Nel as Momberg 39 aangeteken het.

Arnaldi het 40 op die telkaart ingevul, gevolg deur Grimsell met 45 en Welmans met 47.

Theuns Adendorff het geseëvier in die tweede wedywering met ’n netto van 71, gevolg deur Joré Nortjé en Nico Lombard wat albei 73 aangeteken het.

Sowel Ronald Kinnear as Ronel Starbuck het 74 op die telkaart ingevul, terwyl Gravitt en Francois Cronjé elk 76 behaal het.

Du Preez, Riaan Starbuck en Van der Merwe het elk met 77 geëindig. Herman Mynhardt het ’n spog-twee behaal.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button