Local news

Hoëveld Fotografieklub wys beste fotograwe van 2022 aan

Dr. Leon Pelser is die beste senior fotograaf.

Die Hoëveld Fotoklub het op Saterdag, 3 Desember hul beste fotograwe vir die jaar beloon by dié klub se prysuitdeling en jaarafsluiting.

Dr. Leon Pelser is aangewys as die beste senior fotograaf en Louis van der Walt as die beste junior fotograaf van die jaar.

Dr. Pelser is ook aangewys, saam met sy vrou, Sussa Pelser, as die twee beste senior fotograwe in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling.

Johan Coetzee het weggestap as die beste senior fotograaf in die fotojoernalistieke afdeling en die tweekleurige foto-afdeling, terwyl Johan Viljoen weggestap het as die beste senior fotograaf in die pikturale afdeling en die natuurvoëlsafdeling.

James Harris is aangewys as die beste senior fotograaf in die natuurafdeling en Danie Smit in die landskapafdeling.

Van der Walt het die pryse ingeryg/ Hy het die toekennings as beste junior fotograaf in die natuurafdeling, tweekleurige foto-afdeling, die pikturale afdeling, die landskapafdeling en die voorgeskrewe onderwerpafdeling verwerf.

Lorraine Botha is aangewys as die beste junior fotograaf in die fotojoernalistieke afdeling en die pikturale afdeling, terwyl Hester Griessel aangewys is as die beste junior fotograaf in die natuurvoëlsafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub vergader weer in Januarie volgende jaar en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button